Impie Eskader
      Naskoolsentrum
 
Jou kind se huis weg van die huis.

TuisBlad      Nuus en Gebeure

27/10/2010

 

Geagte Ouers,

 

Ons staan al weer aan die einde van die jaar. Baie dankie vir al u ondersteuning en liefde gedurende die jaar.

 

  1. Saam met u finale rekening is ook 'n inskrywingsvorm vir 2011. Aangesien ons nou beperkte plek het, vra ek u om asb. die vorm terug te stuur voor 15 November 2010 indien u u kind wil inskryf vir 2011.

  2. Die fooie vir 2011 is R450 vir eerste kind vir 12 maande. R400 vir tweede en ander kinders vir 12 maande.

  3. Ons partytjie sal wees op 3 Desember 2010 aangesien die skool dan “nie ampetlik” sluit. Slegs leerlinge wie se rekening op datum is sal toesig he vanaf 6 – 9 Desember. Die naskool sluit 9 Desember 2010 en sal weer open die 3 Januarie 2011. U kan my gerus skakel om te bevestig. Indien u vakansie toesig verlang vir 10,13, 14 en 15 Desember, skakel my gerus dat ons kyk of ons iets kan reel. Die koste gedurende die skool vakansie beloop steeds R40 per dag.

  4. Neem asb kennis dat elke Julie vakansie 'n gratis bybelskool aangebied sal word. Meer inligting sal aan u verskaf word nader aan die tyd.

  5. Vanaf Januarie 2011 sal daar 'n additionele fooi gehef word vir vervoer na aktiwiteite. Dit kostes sal bereken word teen R1 per kilometer, om brandstof kostes te dek.

  6. Skryf of e-pos my ( lyzelle@hoogenboezem.com) gerus indien u enige voorstelle het om ons nuwe sentrum te verbeter sodat ons aan u en u kind 'n beter diens kan lewer. En as u tevrede en gelukkig is, sal ons ook gaag daarvan wil hoor :)

 

Indien u weg gaan of tuisbly, reis veilig en rus lekker. Mag u en u gesin 'n ware en besonderse Christusfees beleef.

 

Naskoolgroete

 

Lyzelle