Die gewildheid van die naskool kan toegeskryf word aan die volgende feite:
- Ons perseel is naby die skoolterrein wat maklik toegang tot buitemuurse aktiwiteite verleen.
- Vanaf Januarie 2013 sal daar 'n additionele fooi gehef word vir vervoer na aktiwiteite. Dit kostes sal bereken word teen R2 per kilometer, om brandstof kostes te dek.
- Daar is genoegsame personeel wat help met huiswerk en toesig.
- Ons het 'n oopdeur beleid en luister graag na die ouers se insette en voorstelle.
- Ons bied u kind ligte middagetes en laat middag versnapperings.
- Ons prys is baie billik @ R550 per maand vir eerste kind en R500 vir tweede kind. (R33 x 200 skooldae = R 6600 / 12 maande = R550)
- Ons het 'n dagtarief van R45 per dag.
- Ons is oop van 12:45 tot 18:00.
- Vakansies is ons oop van 7:00 tot 18:00. Desember maande slegs tot
15 Desember. Die kostes beloop R45 p/d p/k.
- Ons strewe na goeie dissipline en goeie kontrole.
Neem asb. kennis dat elke Julie vakansie 'n gratis bybelskool aangebied sal word. Meer inligting sal aan u verskaf word nader aan die tyd.
|